Monday 6 July 2015

Vyf-bestanddeel-brood met gegeurde botter




Vyf-bestanddeel-brood met gegeurde botter
Deur Huisgenoot Digitaal
Dis glad nie nodig vir ingewikkelde resepte nie – met net vyf bestanddele kan jy hierdie hee...rlike brood bak.
Genoeg vir 4-6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 45 min.
BROOD
750 ml (3 k) meel
5 ml (1 t) koeksoda
5 ml (1 t) strooisuiker
1 eier, liggies geklits
300 ml karringmelk
BOTTER
100 g botter, kamertemperatuur
1 knoffelhuisie, gemaal
3 takkies vars tiemie, gekap
’n handjie vol vars koljander, gekap
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n broodpan met bakpapier uit.
Brood Sif die meel en koeksoda in ’n groot bak met die suiker en ’n knippie sout.
Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel. Giet die eier en karringmelk in en vou met jou hande tot die mengsel net ’n deeg vorm. Voeg nog karringmelk by, indien nodig.
Keer uit op ’n oppervlak wat goed met meel bestrooi is. Knie die deeg ’n paar sekondes liggies voor jy dit in die voorbereide pan sit. Bak 15 min.
Verlaag die temperatuur tot 160 °C en bak nog 30 min. of tot deurgaar. Laat afkoel.
Botter Klits die botter, knoffel, tiemie en koljander in ’n bak tot goed gemeng.