Monday 6 July 2015

Hoender-en-spek-broodjie




Hoender-en-spek-broodjie
½ pak (125 g) repiespek
 30 ml (2 e) heuning
 ½ gaar hoender, gepluis
 60 ml (¼ k) mayonnaise
 sout en vars gemaalde peper ½ kropslaai
 ½ komkommer, in linte gesny
 1 baguette, in 4 stukke verdeel
Voorverhit die oond tot 230 °C.
1.Pak die spek op ’n bakplaat en bedruip met die heuning.
2.Rooster 10 minute in die oond.
3.Draai om, bedruip weer met die heuning en rooster nog 10 minute.
4.Meng die hoender en mayonnaise en geur met die sout en peper.
5.Pak die slaaiblare en komkommer op die baguettestukke, gevolg deur die hoender en spek.