Wednesday 8 July 2015

VOLSTRUIS STEAK MET BALSEMASYN




VOLSTRUIS STEAK MET BALSEMASYN
Volstruisvleis is geurig, laag in vet en ’n gesonde alternatief vir bees.
Ek koop sommer ’n paar volstuisfilette op ’n slag
-dis ’n vierkantige stuk vleis en nie langwerpig soos bees of springbokfilet nie –
sny dit dan dwars oor die grein in steaks wat ek vries.
Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en seël die steaks oraloor voor jy ’n skeut balsemasyn bygooi.
Roer die steaks in die asyn tot dit dieselfde kleur kry as die asyn (wat effens stroperig sal raak)
skep dit dan uit om eenkant te rus – onthou, volstruis is baie droog en moet hoogstens mediumgaar geëet word.
Gooi ’n skeut rooiwyn by die asynstroop en laat dit effens afkook tot ’n lekker sous wat jy oor die steaks kan gooi.
Geniet dit saam met ’n lekker robuuste rooiwyn
(Sarie)