Wednesday 8 July 2015

VOLSTRUIS BOBOTIE




VOLSTRUIS BOBOTIE Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 200 °C
BESTANDELE: 
15 ml sonneblomolie
1 ui, fyngesny
15 ml kerriepoeier
1 groot appel, geskil en in blokkies gesny
70 ml appelkooskonfyt
4 snye witbrood
125 ml melk
500 g volstruismaalvleis
2 groot eiers
METODE:
Verhit ‘n kastrol oor medium hitte en voeg die olie by.
Voeg die ui, kerriepoeier, appel en appelkooskonfyt by en braai dit vir ‘n paar minute.
Week die brood in 100 ml van die melk. Voeg die maalvleis en brood by die uiemengsel.
Roer tot die vleis gaar is.
Skep die vleismengsel in ‘n oondvaste bak. Klop die eiers saam met die orige 25 ml melk.
Gooi die eiermengsel oor die vleis en bak dit vir 15 minute in die oond tot die bolaag gestol het.
Sit die bobotie voor met rys en slaai.