Thursday 9 July 2015

Tiramisu-roomyskoek




Tiramisu-roomyskoek
Tiramisu-roomyskoek is so maklik soos om ’n laag-op-laag-tiramisu te maak. Die verskil is dat die koek gevries word om jou koel te hou.
Geno...eg vir 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 3 min.
Verkoel: 3 uur
250 ml (1 k) swart koffie
60 ml (¼ k) brandewyn
38 sponsvingerkoekies
3 eiers, geskei

60 ml (¼ k) strooisuiker
40 ml (8 t) warm water
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
250 g mascarponekaas
60 g donker sjokolade, gerasper
60 ml (¼ k) kakao
Smeer ’n 20 cm-koekpan liggies.
1. Gooi die koffie en brandewyn in ’n bakkie. Doop die vingerkoekies een vir een in die koffiemengsel en maak die koekies regop staan om die kante van die koekpan.
2. Plaas die eiergele, strooisuiker, water en vanieljegeursel in ’n mengbak. Klits die mengsel tot vaal en dik. Vou die mascarponekaas sagkens in.
3. Klits die eierwitte in ’n ander hittebestande bak oor ’n pot liggies pruttende water tot stywe punte vorm en vou by die marscaponemengsel in. Skep ’n derde van die mengsel in die koekpan. Doop ’n paar van die koekies in die koffiemengsel en pak ’n enkel laag koekies op die mengsel. Strooi die helfte van die sjokolade oor. Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is en eindig met ’n laag vingers.
4. Bedek met kleefplastiek en vries 3 uur of oornag. Keer op ’n opdienbord uit en bestrooi met kakao. Sit dadelik voor.