Thursday 9 July 2015

Piesangwafels





Piesangwafels

Genoeg vir: sowat 6 wafels
Bereidingstyd: 10 minute
Gaarmaaktyd: sowat 5 minute per wafel

• 500 ml meel
• 3 ml sout
• 20 ml bakpoeier
• 30 ml suiker
• 2 eiers

• 350 ml karringmelk
• 125 ml olie
• 1 klein ryp piesang, fyngedruk

1 Sif die droë bestanddele. Klits dan die eiers, karringmelk, olie en piesang, voeg dit by die droë bestanddele en meng tot glad.

2 Gebruik net genoeg van die beslag om ’n goedgesmeerde, verhitte wafelpan te bedek. Bak tot goudbruin aan albei kante. Sit dadelik voor met piesangskyfies, geroosterde amandelsplinters, gekapte sjokolade en stroop.

Alternatief As dié storie vir jou te soet klink, kan jy die sjokolade met brosgebraaide spek vervang.