Swartkersiestrudel met appel en ricotta
Genoeg vir 6-8
Tyd: 30 minute
BESTANDDELE
- 200 g ricotta-kaas
- 2 ml fyn kaneel + ekstra
- 1 rooi appel, geskil, klokhuisie verwyder en grofgekap
- 125 ml ingemaakte swartkersies sonder pitte, gedreineer
- 5 velle fillodeeg
- 60 ml gesmelte botter
- versiersuiker, vir opdiening (opsioneel)
- Stel die oond op 220 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en smeer dit met olie of botter.
- Meng die ricotta en kaneel. Vou die appel en kersies by die mengsel in.
- Verf ’n vel fillodeeg met die gesmelte botter en bedek met ’n volgende vel. Herhaal tot al die velle gebruik is.
- Skep die ricotta-mengsel langs die kort kant op die fillovelle. Los ’n 4 cm‑rand oop. Vou die kante in en rol die deeg in ’n rol.
- Plaas die rol op die bakplaat. Verf met gesmelte botter en bak 15 minute tot goudbruin.
- Besprinkel met kaneel of versiersuiker en sit warm of koud voor.