Monday, 13 July 2015

Appelkoospoeding



Appelkoospoeding
Genoeg vir 4
Tyd: 50 minute
BESTANDDELE
  • 4 eiers
  • 125 ml strooisuiker
  • 125 ml fyn amandels
  • 180 ml melk
  • 180 ml room
  • 20 ml botter, gesmelt
  • 1 x 410 g-blik appelkooshalwes in stroop, gedreineer
  • 1 x 410 g-blik perskeskyfies in stroop, gedreineer
     
METODE
  1. Stel die oond op 180 °C. Smeer ’n 20 cm-oondbak met botter. Klop die eiers en strooisuiker saam tot lig en donsig. Roer die amandels in. Voeg die melk, room en botter by en meng goed.
  2. Giet die beslag in die oondbak en plaas die vrugte bo-op. Bak 40 minute tot gaar.