Monday, 13 July 2015
Minestrone
Minestrone
Genoeg vir 4-6
Tyd: 35 minute
BESTANDDELE
30 ml olyfolie + ekstra
1 rooi-ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap
2 wortels, geskil en in blokkies gesny
1 selderystingel, in blokkies gesny
5 ml droë rissievlokkies
5 ml vars roosmaryn, gekap
sout en peper na smaak
1 x 410 g-blik gekapte tamaties
1 groot aartappel, geskil en in blokkies gesny
150 g groenbone, gekap
1 x 410 g-blik cannellini-bone, afgespoel en gedreineer
1,5 liter water
vars, korserige brood, vir opdiening
METODE
1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die ui, knoffel, wortels, seldery, rissievlokkies, roosmaryn by en geur. Maak 5 minute lank gaar tot die uie goudbruin is.
2. Voeg die tamaties, aartappel, bone en water by. Bring tot kookpunt, verlaag dan die hitte en laat 20 minute prut.
3. Voeg ekstra geurmiddels by na smaak. Skep in opdienbakkies, sprinkel ’n bietjie olyfolie oor en sit voor.