Monday 13 July 2015

SPEK EN MIELIE PLAATKOEKIES




SPEK EN MIELIE PLAATKOEKIES 8 snye spek, sny in stukke
⅓ koppie fyngekapte uie
1 k meel
2 e gekapte vars grasuie
1 t bakpoeier
½ t sout
⅛ t rooipeper
⅔ k melk
1 groot eier, geklits
1 el olie
1 k pit mielies
½ koppie cheddar kaas
Warm stroop of heuning vir oor gooi
METODE:
In 'n medium pan, braai die spek stukkies totdat hulle begin om te bruin
Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is
Skep 'n volle eetlepel van die spek mengsel vir bolaag uit en hou eenkant
Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in 'n bak
Roer die melk, eier en olie in roer die spek mengsel, mielies en kaas in
Die mengsel sal dik wees, as jy wil, die plaat koekies moet dunner wees as die foto voorbeeld
Voeg 'n bietjie meer melk by om te verdun
Smeer jou pan met olie en verhit skep lepels vol en bak tot gaar
So ongeveer 3-4 min afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is
Stapel 5 plaatkoekies op mekaar , sprinkel die spek en ui mengsel oor en van die warm stroop