Thursday 2 July 2015

Kouevleis rose




Kyk net die oulike idee om die kinders mee te bederf.  Al wat jy nodig het is 'n rolletjie deeg en koue vleis (voor ek weer gekruisig word oor die pelonie, gebruik asb enige ander vleis van jou keuse, hierdie is net 'n voorbeeld).  Sny die deeg in stroke, sit die vleis bo-op en rol dit op dat dit na 'n rosie lyk.  Sit op bakplaat smeer met 'n bietjie eier en bak op 180 tot gaar.