Thursday 2 July 2015

Thaise viskoekies




Thaise viskoekies
Genoeg vir 4
 Tyd: 30 minute
BESTANDDELE
olyf- of avokado-olie, vir vlakbraai
4 sprietuie, in skyfies gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
5 ml vars gemmer, fyngerasper
500 g gaar patats, fyngemaak
2 x 170 g-blikkies tuna in water, gedreineer
1 eier, liggies geklits
30 ml koljander, fyngekap + ekstra
sesamsaad, om bo-oor te sprinkel
soetrissiesous, vir opdiening
2 lemmetjies, in skyfies gesny
groen slaai, vir opdiening
 
METODE
1. Verhit ’n bietjie olie oor matige hitte en braai die sprietuie, knoffel en gemmer 2 minute tot sag. Verwyder van hitte en voeg patats by. Vlok die tuna by die patatmengsel in saam met die eier en koljander. Geur en verdeel die mengsel in 12 plat koekies.
2. Sprinkel die sesamsaad op ’n bord en bedek die koekies met die saad. Verhit nog ’n bietjie olie oor matige hitte en braai die balletjies in sarsies vir 4-5 minute aan ’n kant of totdat dit goudbruin en gaar is. Sit voor saam met die soetrissiesous, ekstra koljander, lemmetjieskyfies en ’n groen slaai.