Tuesday 7 July 2015

Koninklike sjokolade-ringkoek




Koninklike sjokolade-ringkoek

LEWER 1 RINGKOEK (5-6 GROOT PORSIES)
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 45 minute

Laagkoek
200 g donkersjokolade
6 eiers, geskei
375 ml (1½ k) suiker
45 ml (3 e) kakao
180 ml (¾ k) warm water
180 ml (¾ k) olie
7 ml (1½ t) vanieljegeursel
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
2 ml (½ t) sout
Stroop
250 ml (1 k) water
250 ml (1 k) suiker
15 ml (1 e) kakao
Versiersel
60 g botter of margarien
15 ml (1 e) kakao
15 ml (1 e) versiersuiker
100 g donkersjokolade
sjokoladekrulle, gekrummelde Flake-sjokolade of sjokoladeballetjies vir versiering

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n reghoekige pan van 20 x 30 cm met margarien of bespuit met kossproei. Bestrooi met meel.

1. Koek: Smelt die helfte van die sjokolade in ’n glasbak oor kookwater of in die mikrogolfoond. Roer af en toe. Hou die res van die sjokolade eenkant vir die versiersel.
2. Klits die eiergele en suiker saam tot lig en dik.
3. Meng die kakao met die water en voeg die olie en gesmelte sjokolade by. Meng.
4. Klits by die eiergeelmengsel in. Voeg die vanieljegeursel by.
5. Sif die droë bestanddele saam en vou by die eiergeelmengsel in.
6. Klits die eierwitte styf en vou by die beslag in. Skep in die pan en bak 45 minute tot gaar. Laat effens in die pan afkoel en keer op ’n draadrakkie uit. Sny in 4 blokke.
7. Stroop: Kook al die bestanddele saam en giet oor die warm uitgekeerde koek.
8. Versiersel: Klits die botter tot romerig, sif die kakao en versiersuiker by en klits tot romerig. Smelt die donkersjokolade en roer by. Smeer die mengsel op elke blok en pak die blokke op mekaar. Versier.