Monday 6 July 2015

Frikkadelsop




Frikkadelsop
Genoeg vir 4
Tyd: 35 minute
BESTANDDELE
500 g beesmaalvleis
’n hand vol tiemie
1 eier
olyf- of avokado-olie, vir vlakbraai
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2 x 410 g-blikke gekapte tamaties
1 liter biefaftreksel
80 ml koeskoes
blaartjies soos roket (opsioneel)
pecorino-kaasskaafsels, vir opdiening
korserige brood, vir opdiening
 
METODE
1. Meng die maalvleis, tiemie en eier saam. Geur. Rol in happiegrootte balletjies. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor matige hitte en vlakbraai die frikkadelle in sarsies. Draai ’n paar maal om tot die frikkadelle bruin is. Plaas eenkant.
2. Verhit nog ’n bietjie olie en soteer die uie, seldery, wortel en knoffel. Voeg die tamaties en aftreksel by bring tot kookpunt.
3. Verlaag die hitte, voeg die frikkadelle by en laat 5 minute prut. Verwyder van die hitte en roer die koeskoes by. Plaas eenkant totdat die koeskoes sag is. Sprinkel die blaartjies en kaasskaafsels bo-oor. Dien op saam met die brood.