Monday 6 July 2015

Hoender-en-mieliesop




Hoender-en-mieliesop
Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute
BESTANDDELE
60 ml botter
4 hoenderborsies, gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk
750 ml hoenderaftreksel
2 x 410 g-blikke geroomde mielies
1 x 410 g-blik mieliepitte, gedreineer
60 ml suurroom
3 sprietuie, in skyfies gesny + ekstra
geroosterde ciabatta-snye, vir opdiening
 
METODE
1. Verhit 30 ml botter in ’n kastrol oor matige hitte en vlakbraai die hoender tot goudbruin. Geur. Voeg die res van die botter by en soteer die knoffel 1 minuut.
2. Roer die hoenderaftreksel, geroomde mielies en mieliepitte in. Bring die mengsel tot kookpunt en verlaag dan die hitte. Laat die mengsel 15 minute prut tot effens verdik.
3. Verwyder van die hitte en roer die suurroom en sprietuie in. Geur. Sprinkel die ekstra sprietuie oor en sit voor saam met die ciabatta-snye.