Wednesday 3 June 2015

Ystervarkies



Ystervarkies
Gebruik enige spons- of plaatkoek, sny dit in blokkies, doop in een van die sjokolademengsels hieronder en rol in droë klapper.
Witsjokolade-mengsel
2 k (500 ml/270 g) witsjokoladebrokkies
1 k (250 ml) room
1 e (15 ml) melk
2 k (500 ml/160 g) droë klapper
1 Smelt die sjokolade in die room in ’n dubbelkastrol oor lae hitte en roer tot gemeng.
2 Verwyder van die hitte en klop tot lig en dik.
3 Voeg die melk by.
4 Doop die koekblokkies in die sjokolademengsel en rol dan in die klapper.
Donkersjokolademengsel
¼ k (65 ml/30 g) kakaopoeier
25 g botter
¼ k (65 ml) melk
2 k (500 ml/280 g) versiersuiker, gesif
2 k (500 ml/200 g) droë klapper
1 Meng die kakaopoeier, botter en melk in ’n kastrol oor matige hitte. Roer tot die botter gesmelt het.
2 Verwyder van die hitte en roer die versiersuiker by.
3 Doop die koekblokkies in die sjokolademengsel en rol hulle in die klapper.
Witsjokolade-en-aarbei-mengsel
2 k (500 ml/270 g) witsjokoladebrokkies
1 k (250 ml) room
1 e (15 ml) melk
’n tikkie aarbeigeursel
’n druppel rooi voedselkleursel
2 k (500 ml/200 g) droë klapper
1 Smelt die sjokolade in die room in ’n dubbelkastrol oor lae hitte en roer tot gemeng.
2 Verwyder van die hitte en voeg die melk, geursel en kleursel by.
3 Doop die koekblokkies in die sjokolademengsel en rol in die klapper.