Wednesday 3 June 2015

TANNIE POPPIE SE BROODPOEDING




TANNIE POPPIE SE BROODPOEDINGGenoeg vir 10 mense
Vir hierdie resep maak Poppie haar eie amandelmelk met geskeurde perskeblare wat in die melk gekook word. Hoe meer blare, hoe intenser die amandelgeur.
Broodpoeding
10 snye witbrood (verkieslik 2 dae oud)
¼ k (60 ml) ongesoute botter
¼ k (60 ml) fyn appelkooskonfyt
50 ml korente
3 k (750 ml) amandelmelk
4 eiergele
½ k (125 ml) suiker
½ t (2,5 ml) sout
fyn kaneel
5 t (25 ml) gevlokte amandels, gerooster
Franse meringue
1¾ k (440 ml) suiker
¼ t (1 ml) sout
¾ k (190 ml) water
5 eierwitte
5 t (25 ml) gevlokte amandels
fyn kaneel
Amandelvla
5 eiergele
¼ k (60 ml) suiker
knippie sout
3 k (750 ml) amandelmelk
Voorverhit die oond tot 160 °C en smeer ’n oondvaste bak.
Broodpoeding
1
Sny die korsies van die snye brood af. Smeer elke sny brood met botter en appelkooskonfyt en sny elke sny in 4 driehoeke.
2 Pak die brooddriehoeke langs mekaar in die bak met die gesmeerde kant na bo. Strooi die korente tussenin.
3 Klits die amandelmelk, eiergele, suiker en sout saam. Giet dit bo-oor die brood. Laat goed deurloop.
4 Laat 20 minute staan.
5 Sprinkel ruimskoots kaneel oor en strooi die amandels oor.
6 Bak 40 minute tot gaar.
Verlaag die oondtemperatuur tot 150 °C.
Franse meringue
1
Verhit die suiker, sout en water oor lae hitte en roer tot die suiker opgelos het. (Die mengsel moenie kook voor al die suiker opgelos het nie.)
2 Kook vinnig tot die stywebalstadium (120 °C). Klits solank die eierwitte styf wanneer die stroop byna gereed is.
3 Giet die stroop in ’n dun straaltjie oor die eierwitte terwyl aanhoudend geklits word. Plaas die bak in ’n kom koue water en hou aan klits tot die mengsel fatsoen hou.
4 Smeer of spuit die meringue oor die gaar broodpoeding. Strooi die amandels oor en bak nog 15 minute by 150 °C tot bruin.
5 Sprinkel ’n bietjie kaneel oor.
Amandelvla
1
Klits die eiergele, suiker en sout saam en roer die melk stadig by.
2 Verhit die mengsel in ’n kastrol oor baie lae hitte of in ’n dubbelkoker terwyl aanhoudend geroer word. Die vla is gaar wanneer dit so dik is dat dit ’n lagie op die agterkant van ’n lepel vorm.
3 Sit die broodpoeding voor met die amandelvla.