Tuesday 23 June 2015

Wortelkoek-en-patat muffins



Wortelkoek-en-patat muffins

Lewer 12 kolwyntjies
Bereiding: 15-20 minute
Baktyd: 30-40 minute
MUFFINS
160 ml (2⁄3 k) bruinsuiker
125 ml (½ k) olie
5 ml (1 t) vanieljegeursel
3 ekstragroot eiers
375 ml (1½ k) koekmeel
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
2 ml (½ t) fyn kaneel of neutmuskaat
500 ml (2 k) fyn gerasperde geelwortels
250 ml (1 k) fyn gerasperde patat
125 ml (½ k) sultanas
250 ml (1 k) amandelbrokkies of gekapte okkerneute
fyn gerasperde skil van ’n halwe suurlemoen
15 ml (1 e) suurlemoensap
VERSIERSEL
200 g gladde laevet-maaskaas
45 ml (3 e) versiersuiker
5 ml (1 t) vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas papierhouertjies in die holtes van ’n muffinpan.
  1. MUFFINS Klits die suiker en olie tot romerig. Klits die vanieljegeursel en die eiers by. Sif die koekmeel, bakpoeier, sout en speserye oor en vou in. Voeg die res van die muffinbestanddele by en meng deur.
  2. Skep die muffinholtes driekwart vol. Bak 30-40 minute tot dit gaar is of ’n toetspen skoon uit die middel kom. Keer op ’n draadrakkie uit en laat heeltemal afkoel.
  3. VERSIERSEL Meng al die bestanddele van die versiersel en smeer oor elke muffin net voor opdiening.