Tuesday 23 June 2015

Baba Kos - Puree met prei, patat- en blomkool





Baba Kos
Puree met prei, patat- en blomkool
Bestanddele
...
12 g ongesoute botter
25 g prei, gewas en in skywe gesny
’n halwe klein patat, in blokkies gesny (150 g geskilde gewig)
250 ml kookwater
75 g blomkool, in blommetjies gesny
30 g gerasperde kaas
Metode
Verhit die botter in ’n pan en en voeg die prei by. Soteer sowat 3 minute liggies of tot versag. Voeg die patat by, giet die kookwater oor en kook 5 minute. Voeg die blomkool by, bedek en laat kook nog 5 minute. Verwerk die groente in ’n voedselverwerker saam met die gerasperde kaas.
Huisgenoot