Wednesday 24 June 2015

Brei ’n kombers

 
 
Brei ’n kombers
As jy jou regs en aweregs ken en ‘n basiese blokkie kan brei, kan jy dié kombers brei.
Jy benodig
• Vinni’s Colours Bambi DK in die kleure van jou keuse
• 5 mm-hekelpen
• stomppunt-naald met ’n groot oog
NOTA Ons het ’n organiese katoen-en-bamboes-dubbelbreidraad gebruik, maar jy kan dit met ’n suiwer katoendraad vervang.
 Die diagram is vir ’n enkelbed. Pas die grootte van die blokke aan volgens die grootte wat jy jou kombers wil hê. Vir tekstuur het ons helfte van die blokke een ry regs, een ry aweregs (koussteek) gebrei en die ander helfte alles regs (reksteek).
 Werk die blokke met ’n los matras-steek (sien die illustrasie) in ’n teenstellende kleur gare aan mekaar vas.
 Hekel ’n randjie om in kortbeen (sien die illustrasies), ook in die teenstellende kleur.
(Idees)