Thursday 18 June 2015

Vinnige witboontjie- en tamatiebredie met pancetta




Vinnige witboontjie- en tamatiebredie met pancetta

Bestanddele

1 groot ui, geskil en baie dun gesny
30 ml botter
30 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekneus
3 - 4 groot basiliekruidblare
3 x 410 g blikke witboontjies  (ek gebruik barlotti, want botterbone is 'n bietjie te sag)
sout en peper
250 ml hoenderaftreksel
skil van 1 suurlemoen
500 g babatamaties
Om te bedien
parmesaan skaafsels
basiliekruidpesto (opsioneel)
skerp pancetta of strepiespek
Metode
Verhit die botter en olie in 'n pot, en braai die uie en knoffel tot sag, maar moenie toelaat dat dit karameliseer nie.
Voeg die tamaties, basiliekruid en suurlemoenskil by en prut op laag.
Sit die deksel op die pot en laat die tamaties oopbars en 'n heerlike tamatiesous vorm.
Sommige tamaties moet heel bly.
Voeg aftreksel, suurlemoenskil en boontjies by en kook op 'n baie lae hitte sodat geure kan meng.
Bedien met knoffelcrostini of broodstokkies en 'n lekker skeppie basiliekruidpesto.