Thursday 18 June 2015

Margaret se leeuloop chow (Bunnychow met kerrie)





Margaret se leeuloop chow (Bunnychow met kerrie)

Bestanddele

Vetkoek
2 koppies wit broodmeel
2 eetlepels Cremora
knippie sout
halwe pakkie kits suurdeeg
Vulsel
olie
1 ui, fyngekap
2 knoffeltoontjies, fyngemaak
3 eetlepels kerrie
2 eetlepels borrie
1 kg maalvleis
½ koppie bevrore groente
2 eetlepels suurlemoensap
2 teelepels suiker
½ koppie appelkooskonfyt
Metode
Vetkoek
Meng al die bestanddele en braai in warm olie.
Die deeg moet pof sodra dit in die olie gegooi word.
Vulsel
Braai die uie en knoffel.
Voeg speserye by.
Roer vir 2 minute en voeg die maalvleis en die res van die bestanddele by.
Prut vir 'n halfuur.
Bedien in die vetkoek.