Friday 26 June 2015

Vegetariese spinasielasagne




Vegetariese spinasielasagne
Genoeg vir 6 mense
Bereiding: 20 minute
Baktyd: 40 minute
WITSOUS...
30 ml (2 e) botter

90 ml (6 e) koekmeel
knippie mosterdpoeier
1 L (4 k) melk
SPINASIEMENGSEL
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olyfolie
2 uie, geskil en gekap
5 ml (1 t) vars tiemie
300 g babaspinasie
200 g fetakaas, gekrummel
1 kg wasagtige, melerige aartappels,
geskil en in baie
dun skywe gesny
AFRONDING
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Smeer ’n oondskottel met botter of bespuit met kossproei.
1. WITSOUS Berei ’n witsous van die botter, meel, mosterd en melk.
2. SPINASIEMENGSEL Verhit die botter en olie. Braai die uie tot glasig. Sprinkel die tiemie oor.
3. Voeg die spinasie by en verhit die mengsel tot die spinasie verwelk. Krummel die fetakaas by en meng.
4. Pak ’n dubbellaag van die aartappels onderin die voorbereide pan. Sprinkel die helfte van die spinasie-en-fetakaasmengsel oor. Bedek met ’n laag witsous.
5. Herhaal die lae en eindig met ’n laag witsous.
6. AFRONDING Sprinkel die kaas oor. Bak minstens 40 minute tot die kaas net gesmelt het en goudbruin en die aartappels sag is. Sit die spinasielasagne voor met ’n groenslaai.