Monday 29 June 2015

Vars vrugte met grondboontjiebotter-doopsous




Vars vrugte met grondboontjiebotter-doopsous
Bestanddele
3 eetlepels (45 ml) grondboontjiebotter
 ½ koppie (125 ml) ongegeurde lae-vet joghurt
 4 appels, pere of ander seisoensvrugte, in wiggies of repies gesny

Metode
1. Skep die grondboontjiebotter in ’n mengbak en roer tot dit bietjie sagter en gladder is. Roer die joghurt by tot ’n gladde mengsel.
 2. Sit doopsous met vrugtewiggies voor.
Wenke
 1. Gebruik enige stewige groenterepies as afwisseling saam met die doopsous. Seldery en wortels sal goed werk.
 2. Voeg ’n knippie gemaalde kaneel of ’n druppel vanieljegeursel by die doopsous vir ’n lekker verandering.