Monday 29 June 2015

Suurlemoen teebroodjie





Suurlemoen teebroodjie
Bestanddele
100 ml suurlemoengegeurde avokado-olie
 4 eiers
 180 ml suiker
 200 ml bruismeel
 100 ml gemaalde amandels
 versiersuiker om oor te sif

Metode
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ‘n 1,5 liter-broodpan en smeer met ‘n paar druppels suurlemoen-gegeurde olie.
 2. Plaas olie, eiers en suiker in ’n groot mengbak en klits met ‘n elektriese klitser vir 3-5 minute of tot lig, donsig en liggeel. Vir die beste resultate, maak seker dat die suiker opgelos is.
 3. Sif die meel in ‘n aparte bak en meng met die amandels. Vou die meelmengsel versigtig by die eiermengsel, maar moenie te veel meng nie.
 4. Skep beslag in die broodpan en bak vir 40-45 minute of tot die toetspen skoon uitkom. Laat 1-2 minute in die pan staan. Keer uit op ‘n afkoelrakkie en laat afkoel.
 5. Sif versiersuiker oor en sit voor.
Wenke
 1. Sit die koek as nagereg voor met vars aarbeie en lepelsvol Griekse jogurt. Bloubessies en frambose sal ook lekker wees.
 2. Die koek sal ‘n paar dae in ’n lugdigte houer vars bly, sonder om uit te droog.
 3. Die koek is ook lekker in ’n koekstruif. Plaas koek in lae met vrugte, jogurt, neute en gekapte sjokolade.