Monday 29 June 2015

Kaas en Spekhappies




Kaas en Spekhappies

Bestanddele

12 snye witbrood
12 snye geprosesseerde kaas
12 repe spek
olyfolie
vars roosmaryn
Metode
Verhit die oond tot 170C.
Sit die snye brood op 'n werkoppervlak en rol elkeen plat met 'n koekroller.
Sit 'n sny kaas op elke sny brood.
Rol die snye brood op en draai die spek rondom dit.
Plaas op 'n bakplaat, sprinkel met olyfolie en sprinkel 'n paar takkies roosmaryn bo-oor.
Bak totdat die rolletjies goudbruin en bros is.
Bedien met tamatie- of braaisous.
Kok se raad
- Verwyder die korsies van die brood - ek het nie en het my les geleer!
- Dit sou lekker wees om meer spek te gebruik, maar te veel-van-'n-goeie-ding... jy besluit!
- Jy kan gerasperde mozzarella en 'n tamatiesmoor gebruik as jy nie van geprosesseerde kaas hou nie.