Wednesday 17 June 2015

Suurlemoen-soetkoekies




Suurlemoen-soetkoekies
 
Maak tussen 4 en 5 dosyn.
Jy het nodig:
1 k sagte botter
1½ k suiker
1 eier
2¼ k meel
½t bakpoeier
½t sout
1t vanieljegeursel
die fyngerasperde skil van twee goudgeel suurlemoene
die sap van 1 sappige suurlemoen (ten minste 1e vol)
Vir die suurlemoensuiker:
½ k suiker
die skil van 1 groot suurlemoen
Só maak ’n mens:
1. Maak die suurlemoensuiker deur die twee bestanddele deeglik te meng. Hou dit eenkant tot benodig.
2. Voorverhit die oond tot 180°C en berei bakplate voor met bakpapier.
3. Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Klits die eier by en meng deeglik.
4. Voeg die meel, bakpoeier, sout, vanieljegeursel, suurlemoenskil en -sap by en meng deeglik. Laat die deeg so 5 minute rus om die suurlemoengeur kans te gee om die deeg te deurtrek.
5. Skep eetlepelsvol van die deeg en rol in balletjies. Rol elke balletjie in die suurlemoensuiker en plaas op die voorbereide bakplate. Druk effens plat met die agterkant van ’n eetlepel. Bak 10-12 minute tot effens goudbruin. Pak op draadrakke om heeltemal af te koel.