Wednesday 17 June 2015

Sagte speserykoekies




Sagte speserykoekies

Maak ongeveer 4 dosyn.
Jy het nodig:
2¼ k meel
2 t gemmer
1 t kaneel
½ t naeltjies
1 koeksoda
¼ t sout
180 ml sagte botter
1 k suiker
1 eier
¼ k melasse (of gouestroop)
2 e suiker om die koekies in te rol
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C en berei bakplate voor.
2. Meng die meel, speserye, koeksoda en sout.
3. Verroom die botter met ’n elektriese klitser en klits dan die suiker by. Klits tot donsig.
4. Klits die eier en melasse by. Voeg die helfte van die meelmengsel by en klits tot gemeng. Roer die res van die meel met ’n houtlepel by.
5. Vorm eetlepels vol van die deeg in balletjies, rol in die ekstra suiker en pak op die bakplate. Bak 10 minute of tot ligbruin en opgepof. Laat 2 minute afkoel op die bakplate (die koekies sal baie sag wees nadat dit uit die oond kom) en verskuif dan na draadrakke om heeltemal af te koel.