Wednesday 17 June 2015

Dubbelsjokolade-koekies




Dubbelsjokolade-koekies

Jy het nodig:
230g botter by kamertemperatuur
1¼ k suiker
2 groot eiers
½k kakao
2¼k meel
¼t sout
1t bakpoeier
1 pakkie (250g) sjokolade-splinters
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Voer bakplate met kleefwerende bakpapier uit.
2. Klits die botter en suiker met ’n elektriese klitser saam tot lig – sowat 3 minute lank.
3. Klits die eiers een vir een by; klits goed na elke byvoeging. Klits die kakao by tot goed gemeng.
4. Meng die meel, sout en bakpoeier saam en klits dit op lae spoed by die ander bestanddele tot net gemeng. Vou die sjokolade-splinters met ’n deegskraper in. Skraap ook sommer die kante van die bak om seker te maak die deeg is behoorlik gemeng.
5. Rol die deeg in balletjies van jou keuse. Jy kan monster-koekies maak of net ’n teelepel vol deeg op ’n keer. Pak die balletjies op die voorbereide bakplate en druk effens plat. Bak 16-20 minute.
Laat 5 minute afkoel op die bakplate en pak dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.