Tuesday 30 June 2015

Sjokolade kaaskoek



Sjokolade kaaskoek

GENOEG VIR 8-10 MENSE
Bereiding: 20 min.
Bak: 12-15 min.
Verkoel: oornag

KOEK
250 g donkersjokolade,
grof gekap
50 g botter
100 ml strooisuiker
5 ml (1 t) balsemieke reduksie
2 groot eiers
180 ml (¾ k) koekmeel
1 ml (¼ t) bakpoeier
5 ml (1 t) vanieljegeursel
’n knippie sout
VULSEL
60 ml (¼ k) water
15 ml (1 e) gelatien
2 x 250 g mascarpone
250 ml (1 k) ekstradik room
200 g witsjokolade, gesmelt
150 g sjokoladestukkies
vars bessies

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer 2 x 20 cm-koekpanne.

1. Koek: Plaas die sjokolade, botter en strooisuiker in ’n hittebestande glasbak. Smelt dit oor ’n pot met water wat liggies prut terwyl jy dit heeltyd roer. Verwyder van die hitte en laat ’n rukkie afkoel.
2. Meng die oorblywende koekbestanddele en voeg by die sjokolademengsel. Meng.
3. Verdeel die mengsel in die twee panne en bak 12-15 min. Haal die koek uit die panne en laat dit afkoel.
4. Vulsel: Gooi die water oor die gelatien en laat staan om te spons. Verhit die gelatien ’n
paar sekondes tot dit gesmelt het en meng dit met die oorblywende vulselbestanddele buiten die bessies.
5. Pak die koek laag vir laag in ’n losboomkoekpan van 20 cm – begin deur een van die sjokoladekoeke eerste te pak en smeer die helfte van die mengsel daaroor. Herhaal en smeer die res van die mengsel bo-oor. Plaas drie uur in die yskas voor jy dit met die bessies versier.