Tuesday 30 June 2015

Vegetariese bredie



Vegetariese bredie
BESTANDDELE
olyf- of avokado-olie, vir vlakbraai
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 cm-grootte gemmer, fyngerasper
1 wortel, geskil en in ringetjies gesny
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
375 ml groente-aftreksel
1 x 400 g-blik gekapte tamaties
1 kaneelstokkie
500 g blomkoolblommetjies
1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer
2 groot murgpampoentjies, in kwarte en in dik skywe gesny
15 ml heuning
’n hand vol koljander, gekap
koeskoes vir opdiening
 
METODE
1. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan oor matige hitte en soteer die uie, knoffel en gemmer. Voeg die wortel, botterskorsie, aftreksel, tamaties en kaneel by. Verlaag die hitte, bedek die pan en laat die mengsel 20 minute gaar word. Roer nou en dan.
2. Voeg die blomkool, kekerertjies en murgpampoentjies by. Bedek en laat ongeveer 10 minute kook tot die groente sag is. Meng die heuning en koljander by. Geur. Sit voor saam met die koeskoes.