Wednesday 3 June 2015

Poncho



Samantha Sawat Ndada

Ek het die patroon uitgefigure. Dit is 1 reghoek wat gebrei word. Ek het 140 steke opgesit en 30cm reksteek gebrei met Elle Family knit Chunky (3-4 balle) en 5mm breipenne. Dan hekel jy granny squares om 2 hoeke by mekaar te kry. Om dit bymekaar te kry: sit reghoek met regterkant na onder op tafel. Vou dan hoek van linkerkant oor om middelste punt te vorm. Vou regterkantse hoek oor sodat die rand gevorm kan word waar die granny squares vasgewerk/ vasgehekel moet word. Werk dan net alles vas en weg dan is dit klaar. Ek sal voorstel dat jy min of meer jou omtrek moet bepaal as jy steke opsit en dan 'n derde van die steke gebruik om die lengte te bepaal om genoeg spasie vir kop te laat. Ek hoop dit help.


Luciemarie Swanepoel
Hello Elsa, die foto van die poncho wat jy geplaas het (in en om die huis op 02/06/15), is 2 reghoeke stukke wat jy hekel/brei. Sit 58 steke op/ 60 ketting steke, as jy dc hekel, en brei/hekel tot 80cm lank. Die versiering is oop tot jou keuse, maar jy kan granny square hekel en aanwerk. Hoop dit help. Ek gaan dit beslis prober.


Enige doubleknit sal werk. Met hekel 'n no 4 pen. Ek is nie so groot brei fundu nie maar ek dink 3.5-4 mm sal werk. Ek hekel meer. As hulle 'n grote steek as 'n dc wil hekel, maw 'n tr moet hulle 61 steke opsit. Dit eerste 3 steke tel as jou 1e been. Mense kan my gerus epos as hulle vra het: luciemaries@yahoo.com

Colleen Kruger An update : I have pulled all my knitting out, and am going to start again. Casting on 58 sts. and knitting straight up till 80 cm. Then to do another one the same, then do the fancy crochet squares to sew on both sides. I am pleased that I have been shown the correct way to do it at last.