Wednesday 3 June 2015

Versier ’n strooikussing met lap-rose




Versier ’n strooikussing met lap-rose

Jy benodig
• materiaal
• naald en gare
• naaldwerkskêr
• gomgeweer
• potlood en liniaal


So maak jy
1
Jy het een lang strook materiaal vir elke roos nodig. Meet 5 cm aan die selfkant van die materiaal af en maak ’n inknippie van sowat 3 cm.
Silk roses

2 Skeur die lap op dié plek om ’n 5 cm-breë strook te kry, so lank as wat jou materiaal breed is. Ons s’n is 137 cm lank.
Silk rose2

3 Werk groot rygsteke al langs die een rafelrand af, sowat 1 cm van die rand af. Trek die materiaal in soos jy werk. Moenie die gare kort afknip wanneer jy by die punt kom nie. Knoop dit in ’n lussie of knyp dit vas.
Silk-roses-Step-3

4 Sit jou gomgeweer aan. Sit ’n druppel gom aan die ander punt van die ingerygde strook, net bokant die rygsteke, en vou die materiaal dubbel. Begin nou die strook oprol, met die vou wat bo sit en die rafelrande onder.
Silk-roses-Step-4

5 Hou aan om die strook só dubbel te vou en te plak soos jy dit oprol. Oppas tog dat jy nie jou vingers brand nie.
Silk-roses-Step-5

6 Rol die strook op tot daar sowat 5 cm aan die punt oorbly. Trek die gare in sodat dit die onderkant van die roos toetrek, sit gom aan die onderkant en plak die los punt daaroor vas.
Silk-roses-Step-6

7 Knip die punt rondom die roos af. Jy kan nou jou roos vir versiering gebruik. WENK Probeer bont stroke lap vir ’n roos met ’n interessante effek.
Silk-roses-Step-7


(Idees)