Monday 8 June 2015

Mielie-blikbrode




Mielie-blikbrode
Lewer 4-6 brode
Bereiding: sowat 15 minute...
Staantyd: sowat 1 uur
Baktyd: sowat 20-30 minute

50 g botter, gesmelt
1 kg bereide brooddeeg
1 blik (175 g ) gerookte mossels
1 blik (410 g) pitmielies, gedreineer
150 g cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 180 °C en bedek die werkoppervlak met meel.
Smeer 4-6 blikkies (410 g) met gesmelte botter of kossproei.
Laat die deeg sowat 20-30 minute rys.
Knie die deeg af op die meelbestrooide werkoppervlak.
Meng die mossels, pitmielies en kaas by die deeg in. Gebruik jou hande en meng of knie baie goed tot alles ingewerk is.
Deel die deeg in balle van gelyke grootte en sit die balle in die voorbereide blikke.
Laat rys deeg sowat 20-30 minute op ’n warm plek en verf met nog van die botter.
Bak 20-30 minute of tot gaar in die voorverhitte oond.
Haal die brood uit die blikke en laat dit afkoel.
WENKE
Gee brood of rolletjies ’n goudbruin kleur deur dit met gesmelte botter of ’n geklitste eier te verf.
Vinnige mieliebrood: Meng 500 g bruismeel met 1 blikkie bier. Voeg ’n blikkie mielies by, skep in blikkies en bak 20-30 minute tot gaar.