Monday 29 June 2015

Marinda se Kerrie Noodle Slaai



Marinda se Kerrie Noodle Slaai

BENODIG:
  • 500 g gaar noodles
  • 1 groen/rooi/geel peper fyn gesny ( kies jou kleur)
  • 1 ui fyn gesny
  • 250 ml tamatiesous
  • 125 ml witasyn
  • 125 ml kookolie
  • 200 ml suiker
  • 30 ml kerriepoeier ( of meer)
  • Tabasco na smaak
  • sout en peper
NOU:
Kook die noodles tot sag maar nie pap nie, dreineer goed.
Sny jou ui en peper in mooi klein blokkies en meng dit deur die noodles
Meng die res van die bestandele in n bakkie.
Roer dit deur jou noodles.
Los dit oornag in die yskas.  Hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit.

Dit is n heerlike bygereg by braaie of sommer net vir so eet.