Thursday 18 June 2015

Delia se heilsame Minestrone



Delia se heilsame Minestrone

Bestanddele

1½ liter hoenderaftreksel
1 blik tamaties
2 koppies droë witwyn
2 uie
3 wortels
3 selderystingels
2 rooi soetrissies
1 pakkie murgpampoentjies
1 blikkie rooi nierbone, gedreineer
1 teelepel borrie
sout en peper
1 koppie macaroni
Metode
Plaas aftreksel, tamaties en witwyn in 'n kastrol.
Sny al die groente in ewe groot stukke.
Voeg die uie, wortels, seldery en soetrissies in die kastrol, en laat dit vir 20 minute prut.
Voeg murgpampoentjies, nierbone, borrie en sout en peper by.
Kook vir 'n verdere 20 minute.
Voeg macaroni by, en kook weer vir 20 minute.
Bedien met ciabata.