Thursday 25 June 2015

MALVAPOEDING-KOLWYNTJIES




MALVAPOEDING-KOLWYNTJIES
Bestanddele
2 groot eiers
¾ k bruinsuiker
3 e appelkooskonfyt
2 e gesmelte botter
2/3 k volroommelk
1 t asyn

1 k Sasko koekmeelblom
1 t koeksoda
’n knypie sout

Sous
80 ml room
40 ml water
80 ml bruinsuiker
1 e botter

Room-bolaag
250 ml slagroom
60 ml versiersuiker

Metode
• Stel oond op 180° C
1 Klop suiker en eiers saam tot suiker opgelos is
2 Voeg appelkooskonfyt en gesmelte botter by eiermengsel en klop tot dit goed gemeng is
3 Voeg asyn by melk en voeg dan by eiermengsel en roer goed
4 Sif droë bestanddele en meng dit voor jy dit by die eiermengsel voeg. Klits tot dit ’n gladde beslag is
5 Sit groot kolwyntjiepapierhouers met hoë kante in ’n kolwyntjiepan
6 Vul dit met die beslag sodat elke houer ewe vol is
7 Bak in die oond vir 15 – 18 min.