Wednesday 17 June 2015

MAKLIKE – ZOO KOEKIES




MAKLIKE – ZOO KOEKIES
 12-15 koekies
 185g koekmeel
 125g botter
 60g strooisuiker
 Versiersel:
 Meng 125g versiersuiker met 1 eetlepel warm water. Drup voedeselkleursel by en meng.
 Meng meel en suiker en vryf botter in. Hou aan met jou hande meng tot 'n bal vorm.
 Rol uit-1/2cm dik- druk vormpies uit.
 Bak 10-12min by 180gradeC.
 Laat afkoel en smeer icing op.

Icing vir Zoo Koekies
hierdie werk en proe heerlik :
 klits 1 eierwit en 5mk suurlemoensap tot skuimerig. voeg 200g versiersuiker bietjies bietjies by en klits tot glad. roer 5ml gliserien by. ek verdeel dit dan in klein plastieksakkies en gebruik gelkleursel om dit in verskillende kleure te kleur. maak sommer klein gaatjie in hoekie van sak en gebruik sakkie om te versier. doen 1 kleur.
 laat stol voor jy n ander kleur opsit dan meng hulle nie. wenk: dit werk beter in warmer weer. nat koue weer en jy sit dalk met loperige versiersel