Thursday 25 June 2015

Koeksisters gegeur met kardemom, suurlemoen en lemoenbloeisel

Koeksisters gegeur met kardemom, suurlemoen en lemoenbloeisel


                                                   
Jy het nodig:
Vir die stroop:
800 ml water
1,5 kg suiker
10 kardamompeule, gekneus
5 e lemoenbloeisel-water
12,5 ml kremetart
40 ml suurlemoensap
die fyngerasperde skil van 2 suurlemoene
Vir die deeg:
4 k meel
25 ml bakpoeier
20 ml margarien
½ geklitste eier
250 ml water
kanola-olie, vir braai
Só maak ’n mens:
1. Kook die water, suiker, kardemom, lemoenbloeiselwater en kremetart in ’n kastrol. Sodra die stroop begin kook, voeg die suurlemoensap en -skil by en kook die stroop tot dit effens verdik (so 10 minute). Plaas die stroop in die yskas om heeltemal af te koel.
2. Om die deeg te maak, sif die meel en bakpoeier saam in ’n bak. Vryf die margarien met jou vingerpunte daarby in totdat dit soos broodkrummels lyk. Voeg die halwe geklitste eier by die water en meng dit met ’n vurk.
3. Maak ’n holte in die middel van die meelmengsel en giet die water-en-eiermengsel daarin. Meng met jou hande tot ’n gladde deeg vorm. Knie deeglik. Bedek die deeg met kleefplastiek en laat 30 minute (maksimum 5 uur) rus.
4. Verhit die olie tot 160 °C. Gebruik ’n gesmeerde koekroller en rol die deeg uit op ’n geoliede oppervlak tot ’n dikte van 5 mm.
5. Sny die deeg in reghoeke van 6 cm x 15 cm. Sny elke reghoek in die lengte in drie stroke (elk 2 cm dik). Moenie dit heeltemal lossny van die reghoek nie (die stroke moet almal aan een kant bo nog geheg wees). Vleg die stroke en druk die punt stewig onder vas.
6. Braai die koeksisters in sarsies (omtrent ses op ’n keer) in warm olie tot goudbruin. Dreineer op papierhanddoeke.
7. Doop die warm koeksisters in die yskoue stroop. Skep uit die stroop met ’n gaatjieslepel en plaas op ’n draadrak om af te drup. Die stroop sal mettertyd warm word soos wat jy die koeksisters daarin doop, so maak seker jy hou dit op ’n manier koel, of gebruik twee bakke stroop, waarvan jy een in die yskas hou en omruil met die een wat warm geword het.