Thursday 25 June 2015

Hoender-en-mieliesop



Hoender-en-mieliesop
30 ml (2 e) olyfolie
 4 hoenderporsies, ontvel
 sout en peper
 2 uie, in skywe gesny
 4 vars tiemietakkies
 2 L (8 k) hoenderaftreksel
 250 g botterskorsie, in blokkies gesny
 2 blikke (400 g elk) soetmielies
1.Verhit die olie in ’n kastrol. Geur die hoender met sout en peper, braai bruin, verwyder uit die pan en hou eenkant.
2.Braai die uie en tiemie. Plaas die hoender terug, giet die aftreksel oor en laat prut tot die vleis van die been afval.
3.Verwyder die bene en voeg die groente by.
4.Laat prut tot gaar en geur met sout en peper.
5.Skep in bakkies en sprinkel vars kruie* oor. Sit voor met roosterbrood.
Pleks van botterskorsie kan jy murgpampoentjies en/of sampioene gebruik.