Tuesday 2 June 2015

KAMMA "TOASTED CHEESE"




KAMMA "TOASTED CHEESE"
Vir die "broodjies":
300 g blomkool
1 eier...
50 g gerasperde mozarella
2,5 ml sout
1 ml varsgemaalde swart peper

Voorverhit die oond tot 220°C en voer 'n bakplaat met bakpapier uit. Breek die blomkool in kleiner stukkies en plaas in 'n voedselverwerker. Kap fyn tot dit soos rys lyk. Plaas die blomkool in 'n glasbak en bedek met kleefplastiek. Mikrogolf vir 8 minute op hoog tot dit gaar is. Skep die blomkool in 'n skoon afdroogdoek uit en draai dit sodat jy so veel as moontlik vloeistof uit die blomkool gepers kan kry (dis belangrik, want as jou blomkool te waterig is, gaan die "broodjie" nie ferm genoeg wees om op te tel nie.) Plaas die blomkool in 'n mengbak, voeg die eier, mozarella, sout en peper by. Verdeel die mengsel in vier gelyke dele en vorm vier vierkante op die bakplaat. Bak vir 20 minute tot goudbruin. Verwyder uit die oond en laat vir 10 minute op die bakplaat afkoel. Verwyder versigtig van die bakplaat en laat eenkant.
Neem nou:
50 g gerasperde mozarella
50 g gerasperde cheddar
botter
Meng die kaas saam. Plaas die helfte van die kaas op twee van die "broodjies". Plaas die ander twee "broodjies" bo-op. Verhit 'n braaipan tot lekker warm. Smeer die buitekante van die "broodjies" met botter en plaas in die braaipan. Braai vir ongeveer 4 minute aan elke kant tot die kaas gesmelt en die "broodjies" goudbruin is. Sny elke "broodjie" in die helfte deur.
Bedien warm.