Monday 1 June 2015

Vleis-en-groentesop




Vleis-en-groentesop

• 20 ml olyfolie
• 200 g strepiespek, gekap
• 800 g beenlose stowe-beesvleis, in blokkies gekap
• 2 uie, gekap
• 3 knoffelhuisies, fyngedruk
• 2 liter beesvleisaftreksel
• 1 blik fyngekapte tamaties
• 5 ml gedroogde tiemie
• 5 ml fyngedrukte droë brandrissie
• 3 wortels, geskil en gekap
• 8 baba-aartappels, geskil
• 2 middelslag-patats, geskil en in blokkies gesny
• 1 groen soetrissie, in blokkies gesny
• suurlemoen- of lemmetjiesap na smaak
• plaasbrood om voor te sit

1 Verhit die olyfolie in ’n kastrol oor medium hitte en braai die spek en vleis in die olie. Voeg die uie en knoffel by en roer ’n paar minute.

2 Gooi die aftreksel, tamatie, kruie en brandrissie by en verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat vir 112 uur met die deksel op prut.

3 Voeg al die groente by en laat vir nog 40 minute prut of tot die vleis en groente sag is. gooi ’n paar druppels suurlemoen- of lemmetjiesap by en geur na smaak met sout en varsgemaalde swartpeper. sit die sop voor saam met vars plaasbrood.