Friday, 19 June 2015

Kaapse brandewynpoeding




Kaapse brandewynpoeding
Beslag
 250 g dadels, ontpit en fyn gekap
 5 ml (1 t) koeksoda
 250 ml (1 k) kookwater
 125 g botter
 250 ml (1 k) ligbruinsuiker
 2 eiers, geklits
 500 ml (2 k) koekmeel
 5 ml (1 t) bakpoeier
 2 ml (½t) sout
 250 ml (1 k) pekanneute, gekap
Sous
 15 ml (1 E) botter
 310 ml (1¼k) ligbruinsuiker
 180 ml (3/4 k) water
 125 ml (½k) brandewyn
 5 ml (1 t) vanieljegeursel
Voorverhit oond tot 180 °Cen smeer ’n tertbak met botter. Sit dadels in ’n bak en sprinkel koeksoda oor. Giet kookwater oor, roer deur en laat staan eenkant. Verroom botter en suiker goed en klits eiers by. Voeg dadelmengsel by en klits deur. Sif meel, bakpoeier en sout bo-oor en voeg neute by. Roer tot goed gemeng en skep in voorbereide tertbak. Bak sowat 40 minute, tot gaar.
Terwyl die poeding bak, maak die sous: Verhit botter, suiker, water en helfte van brandewyn saam tot kookpunt. Laat vinnig kook vir 5 minute, verwyder van hitte en voeg die res van die brandewyn en die vanieljegeursel by. Giet die sous oor die poeding sodra dit uit die oond kom. Sit voor met vla, geklopte room of roomys.
Lewer 10 porsies.