Friday 19 June 2015

Beesvleis Wellington




Beesvleis Wellington
750 g beesfilet
20 ml (4 t) olie
1 ui, fyngekap
60 g sampioene, in skyfies gesny...
15 ml (1 e) botter
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg

125 g lewerpatee
sout en peper na smaak
1 eiergeel, geklits
Voorverhit die oond tot 225 °C.
1. Smeer die filet met ’n bietjie olie en plaas op ’n bakplaat. Oondbraai 20-25 minute. Verwyder uit die oond en laat afkoel. (Jy kan dit ook liggies in ’n pan verseël tot dit buiteom bruin is.)
2. Braai die ui en sampioene in die botter tot gaar en droog. Laat afkoel.
3. Rol die deeg effens dunner uit op ’n meelbestrooide oppervlak. Smeer die patee oor die middel van die deeg sodat dit ’n deel beslaan wat omtrent so groot soos die omtrek van die filet is.
4. Versprei die sampioenmengsel oor die patee en plaas die filet bo-op.
5. Verf die kante van die deeg met water en vou toe.
6. Verseël en sny die oortollige deeg af.
7. Plaas die Wellington met die voukant na onder op ’n bakplaat.
8. Sny vormpies uit die oortollige deeg en plak dit met water op die Wellington vas.
9. Verf liggies met die geklitste eiergeel en bak 20-25 minute of tot goudbruin en gaar.