Friday 19 June 2015

Hoenderkaaskoek



Hoenderkaaskoek
Lewer ’n groot kaaskoek (sowat 12 snye)
Bereiding: 15-20 minute
Gaarmaaktyd: 100 minute

KORS
100 g (½ pak) Cream Crackers, fyn gekrummel
100 ml gesmelte botter
2 ml (½ t) droë gemengde kruie
5 ml (1 t) Italiaanse sprinkelkaas-speserye (Ina Paarman)
VULSEL
30 ml (2 e) botter
1 ui, fyn gekap
30 ml (2 e) koekmeel
180 ml (¾ k) hoenderaftreksel
250 ml (1 k) gerasperde cheddarkaas
5 ml (1 t) mosterdpoeier
sout en vars gemaalde swartpeper
250 g krummelmaaskaas
3 eiers, geskei
80 ml (¹∕³ k) room
500 ml (2 k) gaar hoendervleis, gepluis
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n 20 cmlosboompan.
  1. KORS Meng alles saam en druk vas op die boom van die pan.
  2. VULSEL Smelt die botter en braai die ui tot sag. Voeg die meel by en roer tot dit sonder klonte is.
  3. Roer die aftreksel geleidelik by en laat kook. Verwyder van die hitte.
  4. Roer die kaas en mosterd by en geur met sout en peper.
  5. Klits die maaskaas, eiergele en room saam. Voeg by die kaassous.
  6. Meng die hoender by.
  7. Klits die eierwitte styf en vou in.
  8. Skep die vulsel in die kors. Bak 100 minute tot gestol.
  9. Laat afkoel en ontvorm op ’n dienbord.