Wednesday 17 June 2015

Jamie Oliver se macaroni-en-kaas





Jamie Oliver se macaroni-en-kaas
45 g botter
3 opgehoopte eetlepels meel
10 knoffelhuisies, fyn gesny
6 lourierblare, vars...
1 liter melk
600 g macaroni, gekook volgens die pakkie-aanwysings
8 tamaties, rofweg opgesny in blokke

150 g cheddarkaas, gerasper
100 g parmesaankaas, ­gerasper
'n paar vars tiemietakkies waarvan die blare gepluk is
’n paar skeute Worcestershiresous
2,5 ml neutmuskaat
sout
swartpeper
Voorverhit die oond tot 220 °C. Smelt die botter in ’n groot pot oor lae hitte. Voeg die meel by en roer totdat dit ’n gladde pasta is. Verhoog die hitte tot medium en voeg die knoffel by. Roer aanhoudend totdat die knoffel goudkleurig en klewerig is. Gooi die lourierblare by en roer. Gooi nou die melk geleidelik by en roer voortdurend totdat die sous dik en glad is. Laat dit ’n paar minute kook terwyl jy aanhoudend roer. Skep die pasta by die witsous en verwyder van die hitte. Geur die gekapte tamaties goed met sout en peper en voeg dit saam met die kaas en tiemie by die pastamengsel. Geur nou met Worcestershiresous en neutmuskaat. Skep in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bak vir 30 minute.