Wednesday 17 June 2015

Heston ­Blumenthal se macaroni-en-kaas




Heston ­Blumenthal se macaroni-en-kaas
(Heston gee al die bestanddele in gram aan)
20 g sout
200 g macaroni
15 g truffelolie
300 g droëwitwyn
300 g goeie hoenderaftreksel, warm
80 g parmesaankaas, fyn gerasper, en 20 g ekstra vir bak
10 g mielieblom
80 g roomkaas
Voorverhit die roosterelement. Kook 2 kg water, gooi die sout en pasta by en kook sowat 7 minute lank tot al dente (gaar, maar nie pap nie). Gooi die truffelolie oor die pasta, roer deur en sit eenkant. Kook die witwyn in ’n pot totdat dit tot 30 g verminder het. Voeg die hoenderaftreksel by en bring tot kookpunt. Meng die parmesaankaas met die mielieblom en roer by die hoenderaftreksel totdat dit ten volle ingeroer is en verdik het. Gooi nou die pasta by en kook vir ’n minuut of twee totdat die pasta warm is. Roer die roomkaas daarby. Geur met sout. Skep in ’n gesmeerde, oondvaste bak, sprinkel die 20 g parmesaankaas oor en rooster tot bruin.