Wednesday 17 June 2015

Kook en geniet se macaroni-en-kaas



Kook en geniet se macaroni-en-kaas
(Genoeg vir 6 mense)
1 liter melk
5 eiers
15 ml mosterdpoeier...
5 ml sout
2,5 ml swart peper
750 ml cheddarkaas, gerasper
4 koppies macaroni, gekook

tamatiesous
250 g tamaties, in blokkies gesny
15 ml olyfolie
80 ml water
5 ml suiker
250 ml All Gold-tamatiesous
'n handvol vars basielkruid, in stukke geskeur
Voorverhit die oond tot 160 °C . Klits die melk, eiers, mosterdpoeier, sout en peper saam. Voeg die kaas en gaar macaroni by. Skep in ’n gesmeerde, oondvaste bak en bak vir een uur tot gaar.
Vir die tamatiesous: Verhit die olyfolie en braai die tamaties totdat die pan droog is. Voeg die water by en kook weer tot droog. Roer die suiker en tamatiesous in en laat dit een minuut lank kook. Roer laastens die basielkruid by.