Tuesday 2 June 2015

Ingelegde kruietamaties




Ingelegde kruietamaties
Maak: 2 mediumgroot flesse
Bereidingstyd: 25 minute
Gaarmaaktyd: 50 minute...
Oondtemperatuur: 135 ºC

• 1 kg klein pruimtamaties
• 4 knoffelhuisies, gekap
• 10 ml droë basilie
• 5 ml droë origanum

• 10 ml suiker
• 6-8 takkies vars tiemie of suurlemoentiemie
• 30 ml suurlemoensap
• 500 ml suiwer olyfolie
1 Verhit ’n groot kastrol met water tot kookpunt. Maak ’n groot bak vol yswater en hou dit byderhand.
2 Sit die tamaties in die kastrol met kookwater. Kook dit vir twee minute, skep dit uit met ’n gaatjieslepel en sit dit dadelik in die yswater. Los dit vir ’n paar minute in die water en pak dit dan op ’n dubbele laag kombuispapier om te dreineer.
3 Sny elke tamatie in die lengte oop, maar moenie regdeur sny nie – die twee helftes moet nog aan die een kant aan mekaar vas wees. Maak die tamaties oop en pak dit met die vleiskant na bo op ’n gevoerde bakplaat. bak dit in die warm oond vir 45 minute of tot dit begin opkrul.
4 Meng die knoffel, kruie en suiker saam en voeg 15 ml sout en 5 ml varsgemaalde swartpeper by. Sprinkel ’n bietjie van dié mengsel oor die een helfte van elke tamatie en vou dit toe. sit die tiemietakkies in twee gesteriliseerde flesse. Pak die tamaties in lae in die flesse met die tiemie aan die kant van die fles. Meng die suurlemoensap en olyfolie en gooi dit oor die tamaties om dit te bedek. Voeg nog olie by indien nodig. sny sirkels uit waspapier en druk dit in die nekke van die flesse sodat die tamaties onder die vloeistof bly. seël dit goed. sit dit vir twee dae in die yskas voor jy dit gebruik. Die tamaties sal vir tot ’n maand in die yskas hou. Laat dit vir ’n uur teen kamertemperatuur staan voor jy dit voorsit.
Blink idee Om Mexikaans-, Marokkaans- of Indies-gegeurde tamaties te maak, sprinkel die regte vryfmengsel oor die tamaties pleks van die kruie en knoffel. Pak dit dan in die flesse. Vir pikante tamaties, voeg 10 tot 15 ml fyngedrukte droë rissies by die knoffel en laat die kruie weg.