Tuesday, 2 June 2015

Dadel Sjokolade Poeding




Dadel Sjokolade Poeding
Sny 1 pakkie [250 gr] dadels fyner en gooi 250 ml kookwater oor.
Gooi 1 t koeksoda oor en roer deur.
Smelt 100 gr kooksjokolade oor kookwater en hou eenkant.
...
Klits saam in mengbak: 110 gr sagte botter, 150 ml bruinsuiker en 3 eiers en 1 t vanillageursel saam.
Sif saam: 400 ml bruismeel en 2 hoogvol E kakaopoeier en knippie sout saam.
Roer Vou sjokolade in eiermengsel gevolg deur droë bestandele. Roer laaste die dadelmengsel by met 2 t asyn.
Giet beslag in groot diep tertbak en bak vir 50 minute by 180 gr C.
Giet vlg sous bo-oor: Smelt saam: 100 gr kooksjokolade en 250 ml room. Bedien met roomys of geklopte room.